Bokswynengel

Sneeuengels se voet. Strandengles s’n ook. As jy die bevokste engel wil maak, is die ‘n bokswynengel. Dit verg baie om hierdie hoog onwaarskynlikke sending te voltooi:

- Eerste moet jy die perfekte glas hê; een met net die regte hoogte stam en ‘n weie genoeg glastulp om daardie opgebokste wyn die regte hoeveelheid lug te gee.

- Die atmosferiese druk moet presies dieselfde wees as op die dak van enige ses-vloer gebou in die stadbak van Kaapstad

- Die regte mengsel van alkohol aanpaksel en sediment van die wonderlikste lighte witwyn tot swaarder, ondrinkbare, rooiwyn. Dit dan alles het bygedra tot die skepping van dié perfte aangesig in ‘n glas en ook die selfs meer suksesvolle, jaarlikse (nou in sy tweede jaar) Bokswyntoekenings by die Penthouse on Long wat deur winetimes geborg word.

Mense het van hede en vere gekom om dié uitsonderlikke en unieke aangeleentheid by te woon. Die geliefde bekendes in die wynindustrie was daar, wyngoggas (wine bloggers), media, wynvlieë, en ook net plein gewone mense wat daarvan hou om die ou papsak ‘n drukkie te gee.

Die hysbak se deure het net na vyf-dertig oopgemaak om die hordes mense wat geduldig op die rooi tapyt gewag het, na die dak te vat. Na ‘n vinigge oriëntasie en registrasie was jy dan reg om in die rye bokse in te vaar. Tussen die opvang met bekende gesigte wat jy oor die jare bymekaar gemaak het, meestal met die hulp van die goeie mense (en gasheers) van winetimes en spitorswallow, en die ongelooflikke smulhappies van die  The Woodstock, moes jy ±20 bokse wit- en rooiwyn probeer, dit ‘n telling uit 10 gee, en daaroor Twiet om die telling te registreer. ‘10’ vir daardie boksie wat jou tong van vreugde laat sing en‘1’ vir daardie onbeskofte, asyn-tipe wyn wat jou kiewe laat hande klap tot in die nuwe jaar.

Ander struikelblokke vir elke beoordeellaar om ook te vermy, en om van nota te neem vir volgende jaar sodat jy betyds ‘n slukkie kan neem van elke wyn voor die aand verby is:

- Die kameraman, klankman and vermaaklikheids aanbieder wat ‘n hele ry wynbokse van toegang kan blokkeer

- Mense met tydelikke wyn-geïnduseerde Alzheimer se siekte wat drie keer dieseflde tottie draai en dieselfde bokswyn dan weer punte gee (en waarskynlik met ‘n ander telling)

- Op-maat-selfoon-snorvember-manvrou kompetiesies vir wie jy ook beoordeellaar moet speel

- Kraantjies wat verkeerde kant toe spyt

- Dronkies met nagblindheid

Dié partytjie, wat beslis die bees se ballas was, het natuurlik nie geëindig met die toekennings van die beste witwyn (Robertson Winery Sauvignon Blanc) en rooiwyn (Drostdy-hof Merlot 2010) nie. Daarna, is almal in hulle afslag rikki-karretjies na die immergewilde, Drie-eenheid (Trinity). Hoewel, na ek deur elke liewe bokswyn was, kon ek ongelukkig nie die jol verder aanpak nie. Toe gryp ek my komplimentêre lewertablette (Vital Liver Rescue tablets) en luister toe maar vir die innerlikke kapitalis wat my bed toe jaag.

Dit was ‘n paar dae later dat ek my skootrekenaar in die katebak ingegooi het en toe die glas hoor. In die donker hoek van die katebak het ek toe die dowe, rooi-gevlekte glas uitgelig en opgehou teen die sonlig. Op daardie oomblik het honderde stemme teen dieselfde tyd in eenvormigge lied uitgebreek wat my weer laat glo het in die krag wat ‘n doos kan hê.

Tags: , , , , , , , , , , ,

Comments are closed.

Afrigator